Sodra jy vir mense vertel jy gaan jou twee badkamers oordoen word jy vertel dat dit ‘n riller gaan wees, dat dit nag gaan wees… al wat dit beter maak is om ‘n bouer aan jou sy te hê met integriteit, iemand wat na jou luister na jou behoeftes and sy bes doen om dit so te kry, iemand wat eienaarskap vat wanneer daar iets verkeerd gaan en bereid is om dit met plesier uit te sorteer. Iemand wat jou deurentyd op hoogte hou van die vordering, iemand wat nasorg doen al is die rekening ten volle vereffen… dit was my ondervinding met Kadima.
Dinge loop soms verkeers maar dit was lekker om ten spyte van dit veilig te wees. Ek sal enige tyd weer ‘n groot projek met hulle aanpak. Dankie vir twee pragtige badkamers!!!!